ARK Webontwerp * ARK Web Design

Sitemap Werfkaart Home/TuisUp/OpFeeskalenderBoerekosInligtingTarieweOrganiseerders

 
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief. Die inhoud is laas in 2015 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive. The content was last updated in 2015
Revised: March 28, 2017 ** Hersien:28 Maart 2017

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

 

 

Pure Plaas Boerefeeskalender

Pure Plaas Boerefees en potjiekoskompetisie

24 tot 27 September 2015

Utrecht, KwaZulu Natal


Kalenderbeplanning vir die Hervormde Kerk Utrecht,
se Pure Plaas Boerefees en Potjiekoskompetisie
24 tot 27 September 2015

   
DONDERDAG 24 SEPTEMBER 2015  
   
Uitstallers arriveer en slaan stalletjies op. Feesgangers wat kom kamp of in ander akkommodasie gaan bly, daag ook op. Stalletjies open om en by 4 uur die middag.
   
VRYDAG 25 SEPTEMBER 2015  
   
'n Boerperd-, asook 'n gimkanavertoning word gehou gedurende die dag.

Later die middag het ons 'n groep jongmense wat vir ons gaan wys hoe hulle Volkspele doen!

Teen skemer steek ons 'n groot kampvuur aan. Ons nooi al ons feesgangers om by ons aan te sluit, terwyl ons tradisionele liedjies, wat meestal vergete is, saam sing. Bring jou musiekinstrument soos jou viool, kitaar, mondfluitjie, konsertina, trekklavier en fluit saam na die saamsinggeleentheid. Die woorde van die ou Boereliedjies van vergange se dae, sal op 'n skerm gegooi word, terwyl ons lekker saamsing onder die sterre. Dis nog 'n manier om van ons mees geliefde tradisies te deel en 'n mooi manier om sommige van die ou gewoontes, wat besig is om te verdwyn, en liedjies en lirieke, terug te bring na ons jongmense.

   
SATERDAG 26 SEPTEMBER 2015  
   

'n Propvol dag met egte boeresport, insluitende jukskei, donkiery en 'n vlotresies wat baie pret beloof!


Op hierdie dag word daar ook 'n Potjiekompetisie aangebied met groot pryse om te wen.

Die aand tree daar 'n tradisionele Boereorkes op wat die voete gaan kielie en almal gaan aanmoedig om deel te neem aan die heerlike Boeredans.

   
SONDAG 27 SEPTEMBER 2015  
   
Volgens egte Boeretradisie sluit ons die Boerefeesgeleenthede van die afgelope dae af met 'n stemmige kerkdiens in die lapa om 10 uur die oggend. Ons loof en prys die Here vir Sy goedheid.
   
 
 

 
     

 

Home/Tuis
Up/Op
Feeskalender
Boerekos
Inligting
Tariewe
Organiseerders


Sitemap Werfkaart Home/TuisUp/OpFeeskalenderBoerekosInligtingTarieweOrganiseerders

ARK Web Design since 1998 * ARK Webontwerp sedert 1998

 

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

 ARK Web Design  2007 - 2017
ARK Webontwerp  2007 - 2017

dieknoop.info

swallowsoftware.arkpark.net

 

 

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels


 

Bekering

Bybelteks

Bible Text