ARK Webontwerp * ARK Web Design

Sitemap ē Werfkaart ē Home/TuisUp/OpFauna en FloraGeskiedenisKontrei ē Natuurfoto's

 
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief. Die inhoud is laas in 2015 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive. The content was last updated in 2015
Revised: March 28, 2017 ** Hersien:28 Maart 2017

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

 

Fauna en Flora

Hoewel baie ou geboue met Nasionale Museumstatus in die dorp van Utrecht die indruk van 'n dorp deurdrenk in geskiedenis skep, is die omgewing ook lieflik, omdat die dorp omring word met wildparke en wonderlike natuurtonele. Die ambiance van Afrika in die dae van lank gelede, tesame met sommige wild soos rooibokke wat in die vroeŽ oggendure in sekere areas ronddwaal, is besonder mooi.

Die totale wildparkgebiede is ongeveer 2500 ha en hierdie streek is die tuiste van 'n groot verskeidenheid plante en die tipiese Afrika-diere. 'n Uitstekende biodiversiteit word gevind in beide dier- en plantlewe.

VoŽlbesigtiging is 'n fees in hierdie omgewing. Grasveld varieer geweldig van bosse, digte Wag-'n-bietjie-bosgebiede tot oop grasplato's en vleie. Die groot aalwyn met sy warmrooi en oranje blomme en die groot inheemse vyebome kan waargeneem word in diť gebied. Met oor die 260 voŽlspesies wat hierdie area hul tuiste noem, kan jy verwag om baie voŽlspesies te sien soos die visvanger, rooiborsies, swartkeelkanaries, vlieŽvangers en verskeie tipes arende. Plekke soos Groenvlei se vleigebied en die Bivane Vlei- en reservaatgebied, huisves 'n wye verskeidenheid voŽls in hul voŽlvriendelike habitats.

In die Utrecht Dorpsdam word vis soos die Natal "Scaly" (geelvis), karp en swartbaars gevind.

Wild sluit baie spesies in, insluitende vlakvarke, bosbok, wildebeeste, bergrietbokke, blesbok, njala (Tragelaphus angasii), kameelperde, rooihartbeeste, Burchell se sebras, rooibokke, waterbokke (Kobus ellipsiprymnus), die wonderlike eksotiese koedoe, muskeljaatkatte, die klein en sku grys duikertjie, die elegante steenbokkie, die statige eland en baie meer. Van tyd tot tyd word luiperds, tierboskatte en rooikatte ook gewaar. Die Balelebewaargebied het ook apies en bobbejane en baie soorte bokke.

Burgersbergpas en Knightís Hillpas is wonderlik skilderagtig en alle tipes akkommodasie soos tente, woonwakampering, houthutte tot eksklusiewe portierhuise en rusplekke is beskikbaar in en om Utrecht. Staproetes, ritte om wild te besigtig, poniekarritte, fietsry, voŽlbesigtiging, swem, muurbal, tennis, rolbal, perdry, piekniek, gholf en baie ander vermaak is net daar vir die besoeker om te geniet.

 

 

 

Home/Tuis
Up/Op
Fauna en Flora
Geskiedenis
Kontrei


Natuurfoto's

Sitemap ē Werfkaart ē Home/TuisUp/OpFauna en FloraGeskiedenisKontrei ē Natuurfoto's

ARK Web Design since 1998 * ARK Webontwerp sedert 1998

 

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

 ARK Web Design © 2007 - 2017
ARK Webontwerp © 2007 - 2017

dieknoop.info

swallowsoftware.arkpark.net

 

 

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels


 

Bekering

Bybelteks

Bible Text