ARK Webontwerp * ARK Web Design

Sitemap • Werfkaart • Home/TuisUp/OpMeerUtrechtNavraeKontak • FeeskalenderBoerekosInligtingTarieweOrganiseerders

 
LW: Hierdie webwerf is deel van ARKpark se argief. Die inhoud is laas in 2015 opgedateer
NB: This site is part of ARKpark's archive. The content was last updated in 2015
Revised: March 28, 2017 ** Hersien:28 Maart 2017

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

 
English

 

 

Meer oor Pure Plaas Boerefees

Pure Plaas Boerefees en potjiekoskompetisie

24 tot 27 September 2015

Utrecht, KwaZulu Natal


Die 24ste September is Erfenisdag in Suid-Afrika. Die Hervormde Kerk Utrecht het besluit om ons Boere-erfenis te vier met 'n egte Boerekultuurfees.

Utrecht se Hervormde Kerkgemeente bestaan uit slegs 36 gemeentelede, waarvan sowat 80% reeds baie bejaard is. Kerke in Suid-Afrika toon 'n negatiewe groei en dit is ons plig as Christene om die Huis van God, saam met die Woord van God lewendig te hou. Die Hervormde Kerk, Utrecht wil ook tot hierdie doelwit werk deur hierdie wonderlike Boerefees aan te bied in ons natuurskone omgewing.

Die terrein waar die Pure Plaas Boerefees en potjiekoskompetisie gehou word is 'n juweeltjie wat deur baie min mense ontdek is. Die Balele Vakansieoord lę aan die voet van die Baleleberge met 'n natuurlike rivier wat daardeur kronkel. Een van die mooiste gholfbane in Suid-Afrika grens aan die oord.

Utrecht is 'n mooi dorpie met heelwat om aan besoekers en kuiergaste te bied.
Lees meer oor Utrecht en die omgewing.

Die fees beloof om vir elke Boere-Afrikaner en veral vir ons jong Afrikaners, 'n stukkie van ons mooi tradisies terug te gee. Iewers langs die pad het almal in Suid-Afrika die afgelope 20 jaar hul kultuur verloor. Ons wil die wonderlike van die Boerekultuur weer van nuuts af deel en dit terug bring, weer bekendstel aan ons eie en aan andere en die Boerekultuur lewendig hou vir ons nageslag.

Die stalletjies sal bestaan uit produkte wat alles self gemaak of geproduseer is.
Talle unieke talente en produkte gaan aangebied word.

 
 

 
     

 

Home/Tuis
Up/Op
Meer
Utrecht
Navrae
Kontak


Feeskalender
Boerekos
Inligting
Tariewe
Organiseerders

Sitemap • Werfkaart • Home/TuisUp/OpMeerUtrechtNavraeKontak • FeeskalenderBoerekosInligtingTarieweOrganiseerders

ARK Web Design since 1998 * ARK Webontwerp sedert 1998

 

 

ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

 ARK Web Design Đ 2007 - 2017
ARK Webontwerp Đ 2007 - 2017

dieknoop.info

swallowsoftware.arkpark.net

 

 

Meer inligting oor Bybelhulpmiddels


 

Bekering

Bybelteks

Bible Text